Algemene Vrae
Wat is Matific Play?
Matific Play stel jou in staat stel om dadelik 'n prettige, kompeterende sessie saam te stel uit ons duisende interaktiewe wiskunde-aktiwiteite. Dit is maklik om 'n sessie op te stel , die kode te deel en te begin.
Vir wie is Matific Play?
Vir almal! Vir onderwysers is dit 'n fantastiese klasaktiwiteit. Vir ouers is dit 'n prettige manier om hulle kinders by wiskunde te betrek. Vir leerders en wiskunde-entoesiaste is dit 'n wonderlike manier om 'n wiskundeuitdaging as 'n groep aan te pak.
Hoe werk Matific Play?
Vind die aktiwiteit wat jy wil deel en klik die "Speel Nou" knoppie. Dit sal 'n kode genereer wat jy met enigiemand kan deel - jou klas, jou kinders of jou kollegas. Begin speel sodra almal aangeteken het en hou die telbord dop.
Moet ek inteken op Matific om Matific Play te kan gebruik?
Nee, Matific Play is beskikbaar vir almal!
Moet ek 'n Matific-rekening hê om Matific Play te gebruik?
Nee, Matific Play is vir almal beskikbaar. Blaai deur ons volledige aktiwiteitsbiblioteek, genereer 'n kode deur op die Matific Play-knoppie te klik, en begin dadelik.
Ek het reeds 'n onderwyserrekening. Hoe kry ek toegang tot Matific Play?
Jy kan op enige aktiwiteitsbladsy 'n kode vir Matific Play genereer. Gebruik die “Vind Aktiwiteite”- funksie om deur sie aktiwiteite te snuffel of soek na die een wat jy wil deel, en maak die aktiwiteit oop deur op die kleinkiekie te klik.
Hoeveel leerders kan saam deelneem?
Tot 60 leerders kan aan 'n enkele sessie deelneem.
Kan ek 'n verslag aflaai aan die einde van 'n aktiwiteit?
Dit is nie tans moontlik om resultate af te laai nie, maar ons werk hard daaraan om klasresultate van Matific Play by die res van Matific se verslagfunksies in te sluit.
Kan ek die resultate stoor?
Dit is nie tans moontlik om te stoor nie, maar ons werk hard daaraan om klasresultate van Matific Play by die res van Matific se verslagfunksies in te sluit.
Is daar 'n limiet op die aantal aktiwiteite ek kan toewys/speel?
Nee, jy kan Matific Play gebruik soveel as wat jy wil.
Watter opsies is vir my beskikbaar om die telbordaansig aan te pas?
Voorloperborde is fantasties, maar dit is nie altyd ’n goeie keuse om een te vertoon nie. Om hierdie rede het ons die spelgasheer in staat gestel om ’n voorloperbord te kies wat by die aktiwiteit pas. DIe voorloperborde kan rangordes op grond van tyd, puntetelling of beide aandui. As die aktiwiteit nie regtig 'n kompetisie was nie kan daar bloot ’n voltooiingsbord vertoon word. Die keuse is joune.
Hoe vind ek aktiwiteite vir die onderwerp waarmee ons besig is?
As jy 'n Matific lisensie het, kan jy Matific Play direk vanaf die aktiwiteitsblad begin - klik net op die aktiwiteit se kleinkiekie om dit te laai. As jy nie 'n Matific-lisensie het nie gaan na die wiskunde-aktiwiteitsbladsy en snuffel rond!
Matific-aktiwiteite