Matific se Pedagogie

Matific se visie is om elke kind in elke land 'n wiskunde-ervaring van die hoogste gehalte te bied. Daarom maak ons altyd seker dat ons pedagogiese beginsels ons fokuspunt is Die platform is gegrond op streng pedagogie wat ’n diepgaande konseptuele begrip van wiskunde bevorder.

Ons 5-punt pedagogiese beginsels, ontwikkel deur die Matific se Akademiese Raad, sluit in:

  1. Konseptuele Begrip

    Ontwikkel 'n begrip van die fundamentele boustene van wiskunde wat verder strek as bloot die toepassing van metodes en formules.

  2. Konseptuele Begrip word gevorm wanneer losstaande stukkies wiskundige kennis gekoppel word om ’n oorkoepelende begrip van ’n spesifieke onderwerp te vorm. In kort, dit is die "hoekom" agter die antwoord.

    Ons fokus op die ontwikkeling van konseptuele begrip word deur vyf beginsels ondersteun

    Vorder van die Konkrete na die Abstrakte

    Die wêreld van wiskunde bestaan uit abstrakte konsepte en idees. Om hierdie wêrekd regtig te verstaan, kan leerders nie bloot net formules memoriseer nie. Hulle leerpad moet van konkrete voorbeelde na meer abstrakte konsepte lei. Matific se aktiwiteite laat dit toe. Leerders beweeg geleidelik vanaf ’n tasbare voorstelling van wiskunde na simboliese voorstellings. Op die manier ontwikkel leerders nie net die vaardighede om probleme op te los nie, maar ook ’n diepgaande begrip van die onderliggende wiskundekonsepte.

    Die Belang van Verskeie Metafore

    Wanneer 'n wiskundige konsep onderrig word, moet ons verskeie metafore gebruik om ware begrip te ontwikkel. Deur verskeie metafore te gebruik, help ons leerders om wiskundige modelle te veralgemeen en om die toepaslike wiskundige model van onbekende probleme wat hulle teëkom, te erken.

    Spiraal-leer en Vooruit-saai

    Ons plaas groot klem op vooruit-saai om fondasies te lê voordat formele onderrig begin. Waar moontlik, probeer ons meer intuïtiewe variasies van 'n konsep demonstreer sodat leerders die kern daarvan kan verstaan. Dit bou leerders se selfvertroue, help met probleemoplossingsvaardighede en werk wiskunde-angs teë.

    Maak konneksies tussen vakke

    Wiskundeboeke en leerplanne breek leerinhoud af tot verskeie vaardighede en onderwerpe. Die klassifikasie van onderwerpe help ons om ’n leerpad te struktureer, maar ons moet onsself daaraan herinner dat wiskunde ’n verweefde web van kennis is. By Matific erken ons die onderlinge verband en gebruik dit om ware begrip te ontwikkel. Dit beteken dat ons nie net die feite moet ken nie maar ook verstaan waarom iets werk, wanneer dit toegepas word en hoe dit met ander wiskundige konsepte verband hou.

    Effektiewe en Insiggewende Terugvoer

    Matific gebruik 'n 3-stap proses vir verkeerde antwoorde wat wat leerders aanmoedig om hul foute te hersien en weer te probeer. Geïllustreerde voorstelle word verskaf, en indien nodig, word die oplossings stapsgewys uiteengesit. Dit help leerders om die volgende probleem korrek te benader en te beantwoord.

  1. Kritiese Denke

    Bou probleemoplossingsvaardighede en kultiveer natuurlike nuuskierigheid deur leerders aan te moedig om in ’n praktiese omgewing te eksperimenteer.

  2. Matific bevorder kritiese denke deur kinders aan te moedig om definisies en gevolgtrekkings te bevraagteken. Ons moedig hulle aan om vrae te vra soos: “Wanneer is dit van toepassing?” en: “Wat is nodig om die stelling te maak?” Ons moedig kinders aan om oortuig te word, eerder as om die reëls gelate te aanvaar.

    Ons ontwikkel kritiese denkvaardighede aan die hand van vier pilare.

    Ontwikkel Probleemoplossingsvaardighede

    Probleemoplossing is die kern van wiskunde. Al word dit in leerplanne regoor die wêreld beklemtoon, is dit baie moeilik om te onderrig omdat daar ’n fyn lyn tussen uitdaging en frustrasie bestaan. Matific-aktiwiteite is spesiaal ontwerp om kinders toe te laat om nuwe probleme aan te pak en kreatiewe oplossingsmetodes te vind, veral as daar nie ’n duidelike algoritme bestaan nie.

    Verseker Verantwoordelikheid

    Die vermoë om hulself te monitor en te verstaan, is fundamenteel vir die ontwikkeling van leerders se opvoedkundige onafhanklikheid. Matific bied leerders 'n omgewing waarin hulle hul foute kan verstaan. Ons help hulle om hul foute in leergeleenthede te omskep sodat hulle kan sien hoe en waar hulle verkeerd was.

    Identifiseer met die Wiskunde-gemeenskap

    Die wiskunde-gemeenskap kan baie meer abstrak voel as die ruimte van leerders se alledaagse lewe, daarom wil ons hê dat leerders die mooi in wiskunde moet raaksien. By Matific het ons 'n omgewing geskep waar kinders gemaklik voel om vrae te vrae, te handel en, nog belangriker, deel te voel van die wiskundewêreld.

    Verskeie Strategieë, Verskeie Oplossings

    In die werklike lewe het probleme gewoonlik verskeie oplossings. Dieselfde geld vir wiskundeprobleme. Om die waarheid te sê, is veelvuldige strategieë 'n eienskap van komplekse probleme. Deur verskeie strategieë en oplossings moontlik te maak, moedig ons kreatiwiteit en pret in die wiskundeomgewing aan. Matific verskaf probleme waarvan die antwoorde op verskeie maniere bepaal kan word. Dit stel leerders in staat om hulle eie gevolgtrekkings te maak en hulle begrip van die probleme te verbeter.

  1. Betekenisvolle Konteks

    Maak wiskunde lewendig deur regte probleme in alledaagse situasies voor te stel.

  2. Deur wiskunde in 'n geloofwaardige konteks te plaas wat vir die leerders werklik voel, kom hulle agter hoe belangrik sekere wiskundekonsepte in hulle alledaagse lewens is. Dit verseker dat, soos wat die leerders aan meer abstrakte konsepte bekendgestel word, hulle dit met selfvertroue aanpak omdat hulle weet waar dit in hulle lewens inpas.

    Relevansie vir kinders

    Relevansie is fundamenteel om voortdurende betrokkenheid en motivering in wiskunde te verseker. Te dikwels is wiskunde 'n abstrakte konsep sonder relevansie in kinders se daaglikse lewe. By Matific bied ons 'n unieke verbeeldingskontinent wat intrinsiek interessant is vir kinders. Die inhoud kan verwant wees aan die flieks wat hulle kyk, die speletjies wat hulle speel, of die wêreld rondom hulle. Ons wêreld en probleme laat kinders toe om hulle verbeelding te gebruik. Hulle moet in staat wees om die wêreld voor te stel wat ons vir hulle wil wys.

    Betroubare Stellings

    n Sleutelfokus van Matific se aktiwiteite is om intuïsie in die wiskundige konsep in te bou. Die beste manier om dit te doen, is om op die leerders se intuïsies te vertrou en om na hulle natuurlike, werklike lewenservarings te verwys. Ons probleme is deeglik ontwerp en gekies sodat kinders nuwe idees in 'n reeks realistiese situasies kan leer, ontwikkel en konsolideer. Ons vermy kunsmatige situasies waar die voorbeelde nie die werklike lewe weerspieël nie. So, byvoorbeeld, sal ons, wanneer ons oor die getal 6 praat, ses eiers in 'n eierdoppie wys in plaas van 6 sampioene in 'n woud.

    Intrinsieke Terugvoer

    Tadisionele terugvoer in opvoeding is 'n eksterne krag wat vir die leerder sê “Jy is verkeerd”. Dit kan demotiverend wees. Om egter betekenisvolle leer te ondersteun, is dit belangrik om intrinsieke, kontekstuele terugvoer te bied. By Matific bied ons intrinsieke terugvoer wat inherent is aan die omgewing van die probleem. Die terugvoer word direk afgelei van die aksies wat die leerder geneem het en is nie 'n eksterne oordeel nie.

  1. Verpersoonlikte Leer

    Aanpasbare vrae en gedifferensieerde ervarings wat elke leerder in staat stel om te floreer.

  2. Elke leerder is uniek en leer op verskillende maniere en teen ’n pas wat vir hulle gemaklik is. Deur die regte vrae op die regte tye te stel, veroorsaak dat leerders rustig op hulle onderskeie leerpaaie vorder. 'n Leeromgewing waar leerders eienaarskap van hulle eie leerproses aanvaar, bevorder nie net hulle onafhanklikheid nie, maar verseker dat hulle, ongeag hul leerbehoeftes, elke vraag kan benader op ’n manier wat by hul eie vermoëns pas.

    Geïndividualiseerde Reise

    Matific se aktiwiteite is sorgvuldig ontwerp om te verseker dat leerders teen hul eie tempo en op hul eie manier kan werk. Dit beteken dat, tensy ons leerders vra om hul vlotheid te oefen, geen tydbeperkings toegepas word nie. Ons laat leerders toe om soveel keer as wat hulle wil na 'n aktiwiteit terug te keer om hul tellings te verbeter. Ons glo dat hulle genoeg tyd en ruimte nodig het om onderwerpe te bemeester en uitdagings die hoof te bied.

    Floreer in 'n Heterogene Klaskamer

    Om in 'n klaskamer waarin leerders se vermoëens verskil, te floreer, is vir beide leerders en onderwysers uitdagend. Matific bied 'n verskeidenheid hulpmiddels sodat leerders nie net in die klaskameromgewings oorleef nie, maar daarin uitblink.

    Portuurleer: As 'n leerder iets aan 'n ander leerder verduidelik, put beide voordeel daaruit. Dit is soms moeilik vir volwassenes om leerders se probleme te verstaan, omdat hulle lankal die hindernisse oorkom het, Vir ’n klasmaat is dit maklik om met die probleem te identifiseer en effektief te help.

    Aktiwiteitsvariansies: Alle leerders kan dieselfde speletjie speel, maar op verskillende moeilikheidsvlakke wat aangepas is by die betrokke leerder se vordering. Die aktiwiteite lyk dieselfde, maar verskil in kompleksiteit. Ons noem hierdie verskillende variasies van dieselfde aktiwiteit, wat onderwysers aan verskillende leerders kan toewys.

    Verryking: Ons bied raaisels, breinkrakers en eindelose speletjies sodat leerders kan leer en oefen solank as wat hulle wil. Hierdie buitemuurse aktiwiteite stel gevorderde leerders in staat om voortdurend voordeel te trek uit gevorderde wiskunde sonder om kurrikulumgapings te vergroot

    Interkurrikulêre inhoud:Leerders stel in verskillende onderwerpe belang en ons wil hul nuuskierigheid prikkel. In verskeie episodes bied ons bykomende, interkurrikulêre inhoud aan om kinders te vermaak en te boei.

    Persoonlike Terugvoer en Wenke

    Terugvoer is 'n fundamentele deel van die leerproses, maar te min of te veel inligting in die terugvoer help die leerders nie om hul fout of die probleem te verstaan nie. By Matific gebruik ons die antwoorde wat die leerders gee om effektiewe en gepersonaliseerde terugvoer te verskaf wat die leerder se respons in ag neem en tydige ingryping verseker.

  1. Internsieke Betrokkenheid

    Intense speletjiegedrewe omgewing wat uithouvermoë beloon en ’n liefde vir wiskunde kweek.

  2. Om te verseker dat kinders waarlik by wiskunde betrokke raak, is die hoeksteen waarop 'n leeftyd se wiskunde gebou kan word. By Matific daag ons onsself uit om prettige inhoud te skep. Jy kan sê dat Matific 'n plek is waar kinders wil kuier. Die karakters vermaak, die situasies is interessant, en die probleme is toeganklik Jy wil bly om die einde van die storie te sien. Terselfdertyd verseker ons altyd dat hierdie boeiende gebruikerservaring nie die pedagogiek oorskadu nie.

    Verminder Angstigheid

    As daar net een antwoord is, is dit baie duidelik as 'n antwoord verkeerd is. Dit, gekombineer met 'n kultuur waar mislukking met lae intelligensie geassosieer word, veroorsaak wiskundeangs by leerders wat hulle daarvan weerhou om wiskunde in hoër grade te neem.
    By Matific glo ons dat 'n gevoel van bevoegdheid en selfvertroue noodsaaklik is vir leer. Daarom bied ons 'n leeromgewing waar leerders kan verken sonder om angstigheid te vererger en hulle selfvertroue kan verbeter.

    Prikkel Nuuskierigheid en Bevorder Deursettingsvermoë

    Om 'n omgewing te skep waar leerders vry is om hul nuuskierigheid te bevredig en volharding te bemeester, is 'n belangrike deel daarvan om 'n koesterende onderrigomgewing te verseker. Ons doen dit deur leerders 'n groot mate van beheer oor hul vordering te gee, hulle die vryheid te bied om te verken en om self te besluit wat om te doen. Ons maak ons ​​aktiwiteite ook uitdagend en boeiend. Ons bied verskeie geleenthede om te antwoord en moedig leerders aan om take deur te voer.

    Skep Ruimte om te Faal

    Ware leer vind slegs plaas wanneer jy gekonfronteer word met ’n uitdaging en, tydens die produktiewe stryd wat volg, verskeie kere misluk voordat jy slaag.
    By Matific gebruik ons die metafoor van ’ n speletjie-omgewing om seker te maak dat kinders nie bang is om foute te maak nie. Net soos in die speletjies, sien leerders mislukking naderhand as deel van ’n proses om probleme baas te raak en te vorder. Deur Matific te gebruik, besef kinders dat foute deel is van 'n natuurlike leerproses.

    Benut Tegnologie om Voortdurende Betrokkenheid te Verseker

    Tegnologie bied ons talle geleenthede om die onderrigervaring te verryk, maar die meeste kommersiële verskaffers beperk hulself tot digitale werkbladjies. By Matific dryf ons tegnologie tot die uiterste om duisende onderrigbronne, virtuele laboratoriums en interaktiewe omgewings te verskaf.

    Leer deur Doen

    Die aanhaling van Confucius, “Wat ek hoor, vergeet ek; wat ek sien, onthou ek; wat ek doen, verstaan ek'” is besonder relevant vir moderne onderrig. Studies het getoon dat aktiewe, praktiese leer baie meer doeltreffend is as passiewe leer.
    By Matific verskaf ons probleme met interaktiewe komponente wat leerders in staat stel om self kennis te verwerf, wat 'Aha'-oomblikke tot gevolg het.

Integreer moeiteloos met

  • lever Inc. is die tegnologievennoot van Matific aanlyn wiskundehulpbron vir onderwysers, leerders en skole.
  • Google Classroom - tegnologiese vennoot van Matific se aanlyn wiskundebronne vir onderwysers, leerders en skole
  • Office 365 - tegnologiese vennoot van Matific se aanlyn wiskundebronne vir onderwysers, leerders en skole
Matific v6.5.0