Matific se Akademiese Raad

Matific se kernsterkte lê in die pedagogiese beginsels wat deur ons Akademiese Raad ontwikkel is. Matific se Akademiese Raad bestaan uit wêreldkenners in wiskunde, rekenaarwetenskap, onderwys en kinderontwikkeling, insluitend vooraanstaande navorsers van Berkeley, Harvard, Stanford en die Einstein Instituut. Die rol van die Akademiese Raad is om te verseker dat die pedagogiese uitnemendheid van Matific se wiskunde-aktiwiteite in ooreenstemming is met die nuutste navorsing in onderwys en kinderontwikkeling.

Prof. Raz Kupferman

Einstein Instituut vir Wiskunde

Professor in Wiskunde aan die Hebreeuse Universiteit. Voormalige voorsitter van die Einstein Instituut vir Wiskunde. Voormalige hoof van die middelskoolse kurrikulêre komitee vir wiskunde. Skrywer van “Elementary School Mathematics for Teachers and Parents”. Mede-stigter van Matific en Hoofwetenskaplike.

Prof. Lyn English

Queensland Universiteit van Tegnologie

Lyn English is ’n professor in wiskunde-onderwys en die fakulteitsprofessor van STEM-onderwys aan die Queensland Universiteit van Tegnologoe, Australië. Haar navorsingsarea sluit in wiskundeleer, modellering en probleemoplossing; STEM-onderwys; ingenieursopleiding; en statistiese redenering.

Dr. Harouna Ba

SciPlay by New York Hall of Science (NYSCI)

Harouna Ba is die Direkteur van SciPlay by die New York Hall of Science (NYSCI). Dr. Ba het ekstensiewe ervaring in die navorsing oor die ontwikkeling van kinders se digitale geletterdheidsvaardighede en die impak van komplekse wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- en wiskundeprogramme op formele sowel as informele opvoedkundige omgewings.

Prof. Dor Abrahamson

Universiteit van Kaliforinië, Berkeley

Dor Abrahamson (PhD, Leerwetenskappe, Northwestern University, 2004) is professor aan die Nagraadse Skool vir Opvoedkunde aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, waar hy aan die stuur van die Embodied Design Research Laboratory staan. Abrahamson is ’n ontwerpgebaseerde navorser wat fokus op pedagogiese tegnologie vir die onderrig en leer van Wiskunde.

Dr. Maria Droujkova

Natuurlike Wiskunde

Dr. Maria Droujkova fokus haar navorsing en ontwikkelingswerk op leergemeenskappe, informele onderwys, aanlynonderwys, gevorderde wiskunde vir jong kinders en spelontwerp. Sy het ’n Ph.D. in wiskunde-onderwys aan NCSU verwerf en M.S. in Wiskunde aan die Universiteit va Tulane.

Prof. Shimon Schocken

IDC Herzliya

Prof. Shimon Schocken is ’n voormalige lid van die Matific Akademiese Raad. Hy is professor aan die IDC Herzliya (Interdissiplinêre sentrum) en stigterdekaan van die Efi Arazi Skool vir Rekenaarwetenskap. Voor IDC, was hy as professor by NYU aangestel (1985 - 1995). Prof. Shimon was ’n gasprofessor aan Harvard (2005) en Stanford (2012).

Matific v6.5.0