
21ste-eeuse Onderrig en Leer

Matific bevorder die koseptuele begrip van Wiskunde en leermetodes wat taalhindernisse oorkom. Elimineer die tegnologiese leerkurwe en kweek positiewe gesindhede teenoor vordering in wiskunde onder jou leerders. Matific komplimenteer jou onderrrigomgewing en gee jou tyd om leer te lei en te fasiliteer.
Matific is gebruiksvriendelik en maak leer vir leerders in diverse klaskamers uitdagend en interessant. Leerders kan maklik aanteken en selfstandig begin sodat waardevolle klastyd nie verlore gaan nie. Matific ondersteun enige onderrigbenadering of leerstyl. Jy besluit wat die beste vir jou klas is: skep aangepaste lesplanne, monitor leerderontwikkeling aktief, of kies uit geoutomatiseerde kursusse vir selfgerigte leer wat aan standaarde voldoen.
Die outomatiese toekennig van leerders se kursuswerk word gebaseer op 'n kombinasie van datagedrewe inligting en gesofistikeerde, aanpasbare tegnologieë. Jy kan ook self die kursuswerk toewys - dit is jou keuse! Leerders teken eenvoudig aan, voltooi die aktiwiteite en Matific stel die volgende werksopdragte op. Dis so maklik soos dit!
Gebruik Matific by die skool, tuis, oral!
Jy kan kies of jy Matific-aktiwiteite toewys as huiswerk of skoolwerk.
Matific kan op baie maniere in die klaskamer gebruik word. Leerders kan enige tyd en vanaf enige rekenaar of tablet toegang tot Matific kry. As tablette gebruik word, is internettoegang nie eers nodig nie.
Leerders kan Matific tuis gebruik. Jy sal alles sien wat hulle gedoen het met ’n gepaardgaande analise oor die areas waarin hulle nog kan vorder.
Leerders werk teen hulle eie pas.
Leerders word aangemoedig om teen hulle eie pas te werk en verantwoordelikheid vir hulle leerproses te aanvaar.
Leerders gebruik ondekkingsgebaseerde leerervarings wat hulle toelaat om hulle begrip te verdiep, toe te pas, te oefen en te verryk. Hulle gebruik hul kennis, word met onverwagse probleme gekonfronteer, bepaal terugvoerpatrone, korrigeer foute, verander strategieë om probleme op te los, en veralgemeen nuwe beginsels wat dan op nuwe situasies toegepas word.

Gebruik Matific-aktiwiteite as onderriginstrumente.
Matific aktiwiteite is veelsydig.
Hulle kan as opwarmingsaktiwiteite aan die begin van ’n les gebruik word, as oorgang tussen onderwerpe, as ’n opsomming, of hoe en wanneer dit jou klas ookal pas.
Elke aktiwiteit het 'n onderwyserhandleiding wat die opvoedkundige beginsels daaragter verduidelik. Die handleiding beklemtoon ook hoe Matific-leerders gehelp word om nuwe konsepte te begryp en nuwe vaardighede te ontwikkel.
By elke aktiwiteit is daar ook 'n voorgestelde lesplan wat jou help om 'n reeks Matific-aktiwiteite saam te stel wat aan jou kurrikulumvereistes voldoen.

Gebruik Matific in groepwerk.
Matific-aktiwiteite stimuleer gesprekke en laat leerders lekker lag. Daarom is dit perfek vir groepwerk.
Laat leerders toe om saam te werk aan enige van ons aktiwiteite as 'n klaskameraktiwiteit.

Gebruik Matific vir Alle Leerders
Leerders wat vinniger leer, sal die geleentheid hê om verder te verken.
Toppresteerders sal voortdurend gemotiveer en uitgedaag word om te leer omdat Matific 'n wye verskeidenheid aktiwiteite bied wat kritiese denke stimuleer."
Matific ondersteun alle leerders deur beplande, doelgerigte en gedifferensieerde leerpaaie.

Die bestuur van jou klaskamer.
Met Matific kan jy al jou leerders se vordering deur middel van intydse verslae monitor.
Wat meer is: jy kan die leerders se vordering volgens konsepte of kurrikulumstandaarde monitor
Met een oogopslag kan jy elke leerder se aktiwiteitsgeskiedenis, vordering en volgende opdragte sien. As jy wil, kan jy kan hierdie outomaties-toegewysde aktiwiteite maklik aanpas.
Met een klik sal Matific vir jou intydse, geïndividualiseerde verslae genereer
